Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 20, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


April 26, 2013
Mei ... 'n tyd om God te ken deur Sy Gees

"Wanneer U my doop met die Heilige Gees en met vuur

sal my kniee weer en weer aanbiddend voor U buig

Na U huis sal ek bly terugkeer, asof ek vlerke het , soos 'n tempel voeltjie

Here Jesus, buig my rug voor U Gees

Amen "


April 4, 2013
SKENK 'N LEWE - SKENK 'N ORGAAN

'n Goeie vriendin van ons se lewe is op 'n jong ouderdom gered deurdat sy betyds 'n geskikte lewer ontvang het. Na 'n suksesvolle oorplanting, voer sy vandag 'n normale bestaan en sorg vir baie vreugde in haar gesin en vriendekring. Tersia is 'n kranige swemster en het Suid Afrika al meermaal verteenwoordig in die internasionale Spele van mense wat oorgaan oorplantings ondergaan het. Tersia is 'n vurige kampvegter vir orgaan skenking. Hieronder meer inligting oor die volgende Spele wat hierdie jaar in Durban, SuidAfrika gehou word. 

Tersia skryf:"Die hele bewusmakings veltog gaan vir so 'n goeie doel dat ek net gevoel het, ek moet weer probeer kwalifiseer om my deelname te gee. Daar is nog huidiglik oor die 3000 kritieke pasiënte wat nog op 'n waglys wag. Meeste gaan dood omdat hul nie betyds gehelp kan word nie. Daar is huidiglik nog so 'n reuse tekort aan orgaan skenkers.  Om te dink dat net een orgaanskenker sewe ander ernstige chroniese siek pasiënte se lewens kan red.  My persoonlike pleidooi vandag is net weer eens - oorweeg dit om 'n orgaanskenker te word, praat daaroor met jou familie en registreer asb.  (As dit nie was dat ek bykans agt jaar gelede in so 'n desperate situasie geplaas was, en gered was deur 'n familie wat op 'n kritieke oomblik van hartseer,  so 'n onselfsugtige daad van 'lewe' aan my geskenk het nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie.)  As jul meer wil weet oor orgaanskenking kyk op die 'Organ Donor Foudation' se web blad op www.odf.org.za of kontak hul op 0800 2266 11

WORLD TRANSPLANT GAMES – A HISTORY The 19th edition of the World Transplant Summer Games to be staged in Durban from 28 July to 4 August, 2013 will bring together competitors from at least 55 countries in what is the single biggest organ donor awareness event on the planet. It is a celebration of the human spirit that gives individuals, most with previously life-threatening ailments, the opportunity to compete in a high-level sports event and show that not only are they able to lead normal, fulfilling lives, but also push the boundaries of their physical endurance. It is an event that offers hope to those who are awaiting transplants, and provides incentive for the general public to become donors by showing the very real difference that organ transplants can make to the lives of young and old. The idea was to visibly demonstrate the benefits of successful organ transplantation, to work to increase public awareness of its success and thereby increase organ donation rates, as well as promote and reinforce the full rehabilitation and wellbeing of the participants.
“We have achieved a 30 percent or better increase in organ donation rates in those countries which have hosted the Games,” says WTGF President, Olivier Coustere .




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za