Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, October 23, 2017
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


January 31, 2013
GELOOF TEN SPYTE VAN ...

Die volgende gedig is gevind in 'n grot waar 'n aantal Jode vir die Nazi's weggekruip het tydens die Tweede Wereldoorlog:

"Ek glo in die son; al kom dit laat op

Ek glo in liefde; al is dit afwesig

Ek glo in God; al bly Hy stil"

Geloof is om te glo wat ons nog nie sien nie. En die beloning is dat ons sien wat ons skaars kan glo - Augustinus


January 14, 2013
HOOP VIR 2013

DAG 1: NUWE HOOP VIR 2013... Deur Benescke Janse van Rensburg

Ek lees onlangs van ’n navorsingstudie wat op mense gedoen is wat die Joodse konsentrasiekamp oorleef het. Die doel van die studie was om te bepaal of daar enige gemeenskaplike faktore onder die groep oorlewendes was, aangesien geweldig baie mense in die kampe gesterf het. Die interessante bevinding: Al die mense wat oorleef het, het hoop gehad. Soms in die vorm van ’n manier om te ontsnap, ander kere in die wete dat ’n geliefde nog geleef het en dat hulle moontlik weer bymekaar kon uitkom. Die oomblik dat die mense in die konsentrasiekamp hoop verloor het, het hulle gesterf.

 

Met hoop kan ons berge versit, die mees uitdagende situasies vierkantig in die oë kyk en nog ’n tree vorentoe gee al voel dit asof ons laaste krag uit ons liggame gepers word. As ons egter hoop verloor, tuimel ons lewens inmekaar.

 

Watter tipe jaar was 2012 vir jou? Een gevul met hoogtepunte in die vorm van ’n verlowing, ’n troue, ’n nuwe baba in die familie of ’n deurbraak waarvoor jy al lank gebid het? Of was dit ’n jaar wat jy liefs so vinnig moontlik wil vergeet aangesien ’n geliefde van jou gesterf het, jy deur ’n egskeiding moes gaan, jy slegte nuus ontvang het of dalk omdat jy die afgelope Kerstyd alleen moes spandeer?

 

Om terug te kyk na die vorige jaar herinner ons aan tye waar God vir ons deurbrake bewerkstellig het, maar ook waar ons sy teenwoordigheid tasbaar in die moeilikste oomblikke ervaar het. Dít skep ’n geleentheid om Hom te dank, maar ook te beleef hoe ons hoop in die proses hernu word met die wete dat Hy ons ook nie in die nuwe jaar alleen sal laat nie.

My wense vir jou vir 2013 kom uit Romeine 12:12: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” En ook uit Romeine 15:13: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”

Mag ons in hierdie jaar nooit hoop verloor omdat ons weet dat God, ons bron van hoop, ons deur elke situasie sal dra. Hy is Almagtig en vir Hom is niks onmoontlik nie. Kom ons vertrou op Hom. Hierdie jaar mag dalk net jou beste jaar nog wees! Sterkte.

 

Vader God, baie dankie dat U van elke hartseer, teleurstelling en seer van my verlede weet. Help my om hierdie nuwe jaar my hoop in U te vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

** Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper, motiveringspreker en skrywer. Haar boeke: Ontdek God in die stories van mense, Wysheid-oordenkings uit Spreuke en Hoop in tye van nood-oordenkings uit Psalms.




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za