Ons wil so graag 'n koor van jong stemme op party liedjies van ons nuwe geestelike album laat saamsing. Maar ons beplanning loop skeef toe die koor wat ons verlede jaar al bespreek het, nie meer kan nie. Ons soek en soek, maar kore se jaarprogramme is reeds so vol ... en een moedelose Sondag oggend, preek ons ds Barry uit Genesis..." Die Here sal SELF die offerlam voorsien..." En ons vertrou Hom opnuut vir 'n koor!
In 'n "toevallige" gesprek, hoor ons musiekregisseur en verwerker Lulu v d Walt, van 'n pragtige koor in Alberton. Sy kontak vir Ida, en sowaar as vet - hulle wil graag help! So begin die HARMONIE KOOR dadelik oefen.
Die volgende dag , lees ek my Bybelstukkie uit Efesiers 2:21,22: "In Him, the whole structure (ek verstaan dadelik dat dit ons album impliseer) is joined together harmoniously, (ons koor se naam!!) and it continues to grow into a holy temple for the Lord ... to form a dwelling place of God in the Spirit"
Om te dink, die HERE kyk na ons werk asof dit 'n tempel is waarin Hy tuis wil wees! En ek dink aan die woorde van een van die liedere, wat so gaan:
..."maak van my 'n hemelkoor; dat die hele wereld hoor, o stuur my
Elke lofsang en gebed - alles wat ek in my het, o stuur my
stuur my met U vrede ... "
Die Here het Sy hemel-koor voorsien. En ons prys Hom!!!
|