Dit is die jaar van nuut begin, Vader -
Agter my staan swart murasies. Om my sien ek afgebrande veld.
Op hierdie puinhoop is daar niks waaraan ek kan vashou nie.
Ek het net die versekering uit U Woord: "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby - die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God" (2 Kor 5:17-18)
Here, wys my tog vandag dat dit waar is
|