Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 20, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


December 26, 2011
SEENWENS

Mag jou langpad in die nuwe jaar,  vir jou 'n kortpad word

Mag jy altyd die wind in jou seile he - en mag die Son van Genade oor jou skyn

Mag die goeie gawes soos sagte reen oor jou velde val -

en mag God jou veilig vashou in die palm van Sy Hand!


December 9, 2011
GENADE VIR KERSFEES

GENADE  is `n reuse geskenk -amper te groot om te aanvaar, - omdat genade ons OORMAAK:
Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies.

Dit neem die hart wat deur die modder gesleep is, hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose toekoms omskep in `n lewe wat uitsien na more.

Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reels uit nie en verwyt nooit nie. Dit se: Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde, terwyl jy is wat jy is.

Want met Kersfees, het Ek gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse eenheid.
God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan. Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoor-
waardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm, en ons eie maak.

 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za