Laat die fees begin, stuur die boodskap uit
Nooi die mense in, roep hul wêreldwyd
Laat die fees begin, speel kitaar en fluit
Dis ‘n weer begin – dis ‘n nuwe tyd
"Kyk, Ek maak alles nuut die oue is verby"
kom sing ‘n nuwe lied, die feesmaal is berei
Laat almal juig en sing en jubel voor die Heer
Hy het die dood vir goed oorwin en Hy regeer, Hy regeer, Hy regeer!
Laat die fees begin, vee die trane weg
Nooi die mense in want die tyd is reg
Laat die fees begin, laat ons sing en dans
Dis ‘n weer begin – dis ‘n nuwe kans!
Want GOD maak alles nuut die oue is verby
Kom sing ‘n nuwe lied, die feesmaal is berei
Laat almal juig en sing en jubel voor die Heer
Hy het die dood vir goed oorwin en Hy regeer
Hy regeer - Hy regeer!
|