Ons HET gedink dis ‘n “failure” , verlede Sondag aand se sangdiens in Richardsbaai. Die klank het ingegee, net voordat ons moes begin. Enige kunstenaar se grootste nagmerrie. Die mikrofone skree, en die cd speler wat vashaak,vashaak, vashaak –
as ons nie van BETER geweet het nie, sou jy sweer die duiwel is los!
Ons moes alles stop en eers die kerk se cd speler koppel, die hele atmosfeer (soos ons dit beplan het…) was daarmee heen.
Mens voel so asof jy nie ordentlik voorberei het nie, asof dit ‘n flop is, die mense wag en jy staan net daar …
Maar die HERE is getrou - en wat ons as ‘n laagtepunt beleef het,
was toe al die tyd GOD se KRAGTIGE WERKING, wat deur die hele situasie tog heeltyd daar was.
Mense het na die tyd kom praat; en cd’s koop, … meer as wat ons ooit kon dink.
Maar ons het die volle impak nie toe al besef nie.
Die volgende dag besluit ons: net vandag soek ons ‘n ordentlike cdspeler en nuwe mikrofone , sommer hier in Durban nog.
Ons gaan nie eers met die ou goed huistoe ry nie.Francois stop by die eerste beste elektroniese winkeltjie in Umhlanga.
Die ou verwys ons na ‘n plek , net verder aan met die snelweg, ‘n klank-groothandelaar. Ons moet maar daar vra waarheen om te gaan.
En so kom ons by Greg uit: hulle maatskappy is die invoerder van DENON professionele cd-spelers - die beste wat jy kan kry. En alhoewel hulle nie eintlik aan die publiek verkoop nie, sal hy tog maar met ons besigheid doen…. (toevallig ? … ek glo nie!!!)
En so ook het hulle ons bekende en betroubare SAMSON mikrofone se nuutste model in voorraad, de lot. …
Wat gaan dit nie alles kos nie?, wonder ons.
Vat ‘n raai: presies die bedrag aan cd- verkope wat ons die Sondagoggend in Umhlanga, en die aand in Richardsbaai verkoop het.
Uit ons skynbare laagtepunt, het God alweer in SY Voorsienigheid vir ons gesorg.
Gister lui my foon.
Dis ds Phillip uit Pietermaritsburg.
“Ons hoor sulke mooi dinge van julle optrede verlede Sondag aand in Richardsbaai. Sal julle asseblief ook vir ons in Pietermaritzburg kom kuier?”
Dankie HERE! Dis hoe ons weet – as ‘n mens swak is, is U sterk.
U kan ENIGE situasie omkeer , U laat U nie deur klanksisteme of menslike onbeholpenheid terughou nie.
Ons prys U!!
|