wie is hierdie Jesus, wat stormwinde stilmaak
wie is Hy wat siekes en kreupeles kom aanraak
wie is hierdie Jesus, dat mense Hom wil kruis
wie is Hy , dat engele Hom prys?
Hy is die Groter Liefde, die lewensbrood, die wyn
die Waarheid en die Wysheid die Morester wat skyn
Hy kom weer op die wolke en elke knie sal buig
die wat Hom gevolg het sal ewig jubel en juig!
wie is U o Jesus, wat op die aandwind fluister ..
wie is U o Jesus , wat lig bring in my duister
wie is U o Jesus, wat sterf in soveel smart
wie is U wat leef hier in my hart?
U is die Groter Liefde, my lewensbrood, my wyn
my Warrheid en my Wysheid, my Morester wat skyn
U kom weer op die wolke en elke knie sal buig
Die wat U gevolg het, sal ewig jubel en juig!
HIERDIE JESUS - E Fourie
|