Hoe gelukkig is die mens wat 'n jas kry wat hom pas:
wat hom toemaak, en warm maak, en van geluk laat gloei.
En as die jas dan baie winters hou, het so 'n mens genoeg.
Jy is my winterjas wat ek met niemand deel nie.
Met jou warmte om my, kan die winters maar kom.
Liefde laat die mens oorleef in yswind en sneeu.
Een winterjas is genoeg vir twee.
Hoe mooi word die winter wanneer twee winterskepsels een jas deel!
Nou het ons weinig meer as hierdie jas oorgehou en met verbasing uitgevind: wanneer die nag op sy koudste is, is die liefde van God, en die warmte van 'n medemens, eintlik al wat ons nodig het....
|