‘n Universiteitstudent gaan vir die vakansie huis toe en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kêrel gaan saambring.
Die ou is ‘n dwergie en sy versoek haar ouers om asseblief tog haar vyfjarige sussie hierop voor te berei.
Die ma neem vir kleinsus eenkant en sê: “Poplap, jou ouer suster kom vir die vakansie huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?”
Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.
Ousus en haar kêrel daag toe op en toe kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel.
Die gesin gaan sit aan vir aandete en kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil.
Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe.
Dit is net kleinsus en die dwerg aan tafel.
Daar heers vir ‘n rukkie ‘n ongemaklike stilte, maar toe
kan
die meisietjie dit nie meer uithou nie en vra:
“Hoe gaan dit met Sneeuwitjie?”
|