Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 20, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


October 8, 2010
BESTE OU JAN

So kry ons toe hierdie week die nuus: Jan Uys is oorlede. Goeie ou Jan, werks kollega van Francois by SANLAM, baie jare terug op Potgietersrus. Jan het my nog opgewonde kantoor toe gebel toe ons Augustus op Ster van die Week was. Francois sou terugbel, maar het in die dolle gejaag nooit sover gekom nie. Ek deel graag hierdie epos wat Francois vir Jan se begrafnis geskryf het.... ons stel almal soms uit om daardie oproep te maak.

BESTE JAN

EK WOU NOG……..EK WOU NOG. HEL OU PAL, EK HET BELOWE  EK SAL JOU BEL. NOUDAT EK JOU BEL IS JOU FOON VIR ALTYD BESET EN EK IS SO BLY VIR JOU PART DAT JY NIE KAN ANTWOORD NIE,WANT BY JOU WEET EK DIS ALLES BETER, BAIE BETER. EK WEET DAAR IS BAIE SUURSTOF EN JY KAN NOU LEKKER ASEM HAAL.

HEL OU PAL, EK WOU JOU NOG BEL………….. ONTHOU JY HOE JY EN ANNATJIE GE’ORGANIZE’ HET TOE ONS VIR LIEZL GAAN HAAL HET. EK WOU JOU DIE FOTO GEWYS HET VAN 27 JAAR GELEDE. KAN JY ONTHOU JY WAS BY MY TOE LIESBET GEBEL  HET MET DIE NUUS DAT ONS VIR LIEZL KON GAAN HAAL HET ?  EK SIEN NET VREUGDE ! ONTHOU JY HOE BAIE HET ONS GEPRAAT OOR DIE HUWELIK EN KINDERS…HEL EK HET N PAAR GOED BY JOU GELEER.

EK IS SO JAMMER….EK WOU NOG BEL…EK WOU JOU DIE FOTO’S GEWYS HET VAN AL DIE KUIERS.ONS HET NIKS GEDINK VAN N SKAAP NIE……MAAR ONS HET OOK TJOPS GEBRAAI EN  J&B GEDRINK TOT ONS ‘MOEG’ GEWORD HET.ONTHOU JY WILLIE SE DIK STEAKS ? JY HET NOOIT GESKINNER NIE MAAR ALTYD JOU VERSKIL GESTAAF MET N ARGUMENT EN FEITE SOOS JY DIT GESIEN HET. JY HET SOMS DIE –BLIKSEM IN GERAAK, MAAR ONS HET PELLE GEBLY.

HEL OU PAL,EK WOU NOG BEL……….

EK WOU JOU HERINNER AAN DAE IN DIE BOSVELD. LANG PAAIE GERY EN BESIGHEID GEDOEN……….SOMS OOK NIE ! ONTHOU JY NOG TOLWE SE HOTEL EN HOE ONS LANGS DIE OU SWEMBAD VOL MUSKIETE GESLAAP HET. EK ONTHOU JY HET SOMS GESNORK, DAN WORD ONS WAKKER EN GESELS EN ROOK NOG N SIGARET. JY HET MY HELP VORM AS N JONG MAKELAAR. EK HET SO BAIE BY JOU GELEER. WAT EK VANDAG NOG WEET VAN ART.4Q EN DIE ONDERVERDELING VAN LANDBOU GROND HET EK BY JOU GELEER.

MY OU MAAT… JY MOET GROETE STUUR VIR ALMAL DA BY JOU. JY SAL VIR HERKLAAS BOTHA,WIMPIE,CARINA,NEELS EN DALK NOG VAN ONS OU KLIENTE OOK DA KRY !

AI OU JAN…….EK WOU JOU NOG BEL…………………..

FRANCOIS FOURIE




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za