Dis wonderlik hoe mense reageer, hier is van die terugvoer wat ons kry oor Hartspore, ons nuwe dvd:
Hallo Francios en Elizabeth,
Baie geluk met julle dvd , dit lyk stunning en julle kan baie trots wees op julle baie suksesvolle loopbaan tot op hede. Die videos en golfswings lyk baie mooi en ek kan sien julle geniet die singery en mekaar se geselskap. Sterkte met die projek .
Kosie van Niekerk
Select Music (Pty) Ltd
Elizabeth en Francois Dit lyk sommer baie goed – hoop dis ‘n groot sukses! Groete Alma
Hepa! Jislaaik oompie Francois wat ‘n groot vooreg om die eerste te wees om julle nuwe DVD te sien ek dink julle twee lyk amazing. Ek gaan julle verseker add op facebook.Ek verlang julle verskriklik baie en hoop alles gaan goed met julle. Waneer kom kuier julle in Windhoek ek dink die mense van Namibia sal dit baie geniet as julle weer kom kuier. Gideon Nasilowski
Baie dankie vir die inligting. Ek gaan definitief die DVD einde Julie bestel. Danie Duvenagé
Baie baie mooi! Dit is seker vreeslik lekker vir julle dat jul trots kan wees op so mooi produksie met jare se herinneringe.Dis Pragtig. Marike.
Die stukkies wat ek van jul dvd gesien het is pragtig. Baie geluk daarmee. Voel sommer saam met julle baie trots! Liefde en groete Saramarié
Dit lyk sommer lekker. Dis die mooiste foto op die DVD omslag!!! Julle is darem net ‘n stunning paar. Annalie
Het lekker geluister...dis fantasties Anton v d Mescht
Baie dankie tog. So lekker om hierdie mooi gunstelinge van ons te sien. Liefde Wendri en Sanet
Hallo Francois en Elizabeth, Baie geluk met julle nuwe CD ! Gerhard en Karien Lindeque
Dit is 'n fantastiese DVD, ek gaan beslis een aanskaf.Liefde Pollie
Dis lyk fantasties, Oe jy is n groot seening…en inspirer soveel mense deur jou gawes. Kind Regards Alta Greyson
Baie geluk aan julle. Lyk baie spoggerig. Sal graag die nuus oordra wanneer ons weer ATKV byeenkoms het.Groete en seenwense. Janna Erasmus
Awesome!!!!!!!!!!!!!!!!! Groete in Jesus, Estienne Veenendaal
Hi Elizabeth, Wow, baie GELUK met julle nuwe DVD! Dis pragtig, ek voel sommer lus en sing saam!!! Sterkte met al julle vertonings en mag die Here alles ryklik seen. Liefde Annarine Fourie
Hallo Elizabeth en Francois Baie dankie dat julle laat weet het van jul nuwe DVD. Ek het daarna geloer en dit lyk en klink pragtig. Ek is so verlief op daardie een van die outydse huisie, want ek het in presies net so ‘n huisie op ‘n plaas in die Oos-Kaap grootgeword. Ek het sommer jul boodskap na ‘n klomp musiekmense aangestuur. Doen so voort, julle maak skitterende musiek. Groete en baie sterkte vir julle. Zenda Nel
Baie geluk solank! Alle sukses hiermee. Groete , Jopie ( Pierneef Teater )
Hallo julle
Julle is fantasties,great, maar Elizabeth is die mooiste, sorry Francois Baie Groete, Danie Gouws
|