Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 20, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


May 31, 2010
WORTELSOP VIR DIE WINTER

WORTELSOP VIR DIE WINTER

1 kg geelwortels (12 middelslag)

4 groot aartappels

1 groot ui

100 g botter / margarien

5 ml gedroogde tiemie

Goeie knippie rooipeper

1,5 liter hoenderaftreksel (6 koppies)

(1,5 liter kookwater waarin 1 hoenderblokkie opgelos is, werk ook)

Sout

250 ml vars room (1 koppie)

Skil en sny geelwortels in skyfies en aartappels in blokkies. Skil en kap ui en braai dit in die botter tot sag, sommer in 'n groot genoeg pot. Voeg wortelskyfies, aartappelblokkies, tiemie en rooipeper by en braai 5 – 10 minute saam met die uie. Voeg hoenderaftreksel by, verhit tot kookpunt, en prut dan met deksel op vir +/- 25 minute tot sag. Verpulp groente in voedselverwerker, en gooi terug in die pot. Voeg sout na smaak by, roer die room in, en sit warm voor saam met lekker growwe broodjies.

Die resep kom uit Annette Human se Uitsoekresepte.  Dis heerlik, en ons gesin se beste sop!

 “....maar dis warm as my pa sy arm om my sit

en die groentesop op die stoof staan en prut

Dis warm as die kaggelvuur knetter en kraak …

Dis hoe mens die winter warm kan maak

Ja dis hoe mens die winter warm kan maak!”

uit: Winterliedjie E Fourie


May 14, 2010
EK SING VAN VREUGDE

Ek sing van vreugde, o Gees van God,

omdat U ons gedagtes nuut gemaak het,

dat ons hoop en vrede ken in 'n wêreld van kragtelose moedeloosheid

Ek sing van vreugde, o Gees van God,

omdat U in my woon soos 'n vredesduif

omdat U in my brand soos 'n heilige vuur

omdat U in die rukwind aan my pilare is

en die binneson is van my bestaan

Uit: Hy verkwik my siel, Struik Christelike Boeke 

 

 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za