Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, October 23, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


April 22, 2010
DIE DUIKER SE REDDING

‘n Jong man het as ‘n ateïs opgegroei en is opgelei as ‘n Olimpiese Duiker. Die enigste godsdienstige invloed op sy lewe, het gekom van ‘n uitgesproke christen vriend wat hy gehad het. Die jong duiker, het nooit regtig veel aandag gegee aan sy vriend se opgewondenheid oor sy geloof nie, al het die vriend tydig en ontydig daaroor gepraat.

 

Een aand het die jong duiker na die binnenshuise swembad van die kollege gegaan om te gaan oefen.

Die ligte was almal afgeskakel, maar die gebou waarin die swembad was het vensters in die dak gehad waardeur die maan helder geskyn het – genoeg lig vir die jongman om te kan oefen.

Die man het opgeklim na die heel hoogste duikplank.

Toe hy sy rug op die swembad draai op die puntjie van die duikplank met sy arms na die kante toe uitgestrek, sien hy sy skaduwee in die maanskyn teen die muur.

Die weerkaatsing was in die vorm van ‘n kruis …die man beleef  ‘n eienaardige gewaarwording , asof iemand met hom praat …Inplaas daarvan om te duik, het hy net daar neergekniel en vir God gevra om in sy lewe in te kom.

 

Net toe hy opstaan, kom ‘n werker daar verby en skakel die sportsentrum se ligte aan.

Hulle was besig met reparasie werk ……Die swembad  was dolleeg.


April 8, 2010
HIERDIE PAASFEESTYD

KOM ONS ONTHOU HIERDIE PAASFEES...

Deur: Benescke Botha

’n Mediese suster vertel onlangs van ’n bejaarde man in sy tagtigs wat een oggend rondom half 9 by die ongevallesaal opgedaag het. Dit was duidelik dat die man haastig op pad êrens heen was omdat hy kort-kort op sy horlosie gekyk het. Toe die suster na hom oorstap en hulp aanbied het die man dit dadelik aanvaar. Hy het gekom om die steke uit sy duim te laat verwyder. Terwyl die suster begin het om aan die man se hand te werk, het sy tussen die gesels deur gevra of die man op pad was na ’n ander doktersafspraak. Hy het glimlaggend geantwoord dat hy op pad was na die verpleeginrigting waar hy teen nege uur saam met sy vrou moes gaan ontbyt met.

Aangesien die man haastig voorgekom het, het die suster grappig gevra of die tannie dan kwaai was as hy laat kom. Die man het egter vertel dat sy vrou reeds vir ’n geruime tyd aan Alzheimersiekte ly. Dit was vyf jaar sedert sy hom laas herken het. Verbaas dat die man steeds soveel moeite vir sy vrou doen, het die suster spontaan gevra: “Maar oom, gaan oom steeds elke oggend na die verpleeginrigting selfs al weet oom se vrou nie meer wie oom is nie?” Die bejaarde man het geglimlag, die suster se hand sag gedruk en geantwoord: “Suster, sy ken my dalk nie meer nie, maar ek weet nog wie sy is.”

Ek wonder of ons nie soms net soos die vrou met die Alzheimersiekte raak nie. Ons raak so gefokus op ons werk of kinders by die huis dat ons totaal van God in ons lewens vergeet. Ons vergeet wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Ons vergeet dat ons daagliks die Heilige Gees by ons het om ons in waarheid en wysheid te lei. En deur alles staan God by ons hart se deur en klop. Deur alles begeer Hy dat ons na Hom sal draai.

Openbaring 3:20: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom 'n feesmaal hou.”

 

 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za