Dis Nagmaal en die kerk is vol - behalwe die agterste drie rye wat vir ouers met babas en peuters gereserveer word, sodat hulle na die babakamer kan vlug as die jong lidmate luidrugtig raak.
"Daar huil Stephan" , sê my vrou skielik van ons liefling-kleinkind.
Deur die chaos van kleuters wat hulle ontevredenheid bekendmaak, musiek en sang, tel haar moeders oor die enkele klank van haár kleinkind op. Ek is stomgeslaan. Ek glo vas God het die toppunt van Sy skepping bereik die dag toe Hy moeders geskape het.
En dis wonderlik om te dink dat Hy deur almal se gebede ook mý stem tussen vele uitken
Andre du Preez, Kuilsrivier
Uit: SARIE
|