Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, December 15, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


October 16, 2009
DIE OOM WEET VAN!

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare.

Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in 'n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome.

Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook 'n emmer saam om 'n paar van die vrugte terug te neem huis toe.

Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter 'n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy 'n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik 'n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.

Een van die meisies skreeu benoud op die oom: "Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!"

"Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaal swem nie....." Hy hou die emmer omhoog en sê:

"Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee.................."


October 12, 2009
VAT VANDAG

VAT VANDAG

 

More is nie gewaarborg nie …

 

Kom ons vat vandag en maak die meeste daarvan 

 

Ons loop hierdie paadjie net een enkele keer …

 

Sê die mooi dinge wat jy dink,

 

en doen die goeie dinge wat jy wil sonder uitstel

 

en probeer ‘n ander se nood raaksien en verstaan

 

More is nie gewaarborg nie

 

Nie eers die volgende uur, of enige uur daarna nie –

 

So kom ons vat vandag en maak die meeste daarvan –

 

Ons loop hierdie paadjie net een enkele keer

 

Net een enkele keer…

 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za