CHOPSTICKS 1
Op ‘n keer sou die groot pianis Paderewski ‘n uitvoering in die Carnegie Teater in Londen lewer.
In die gehoor het ‘n ma en haar klein seuntjie gesit. Tydens die pouse, het die vrou skielik agter gekom dat haar seuntjie nie meer by haar is nie.
Bo die gemaal en gezoem van stemme, het sy onmiskenbaar die klanke van “Chopsticks” gehoor.
Op ‘n manier het die seuntjie sy pad na die verhoog gevind en nou so ewe op die manjifieke Steinway konsert-klavier sy “Chopsticks” gespeel. Oomblikke later het towermusiek bo-oor die gedruis gekom .
Paderewski het intussen ongemerk agter die seuntjie ingeskuif, sy hande oor die klein handjies geplaas, en van die eenvoudige deuntjie ‘n konsert gemaak.
Net so verwag die Here nie meer van ons as net ons eie “chopsticks” - poging nie.
Die Meester wil graag self die res van die melodie byvoeg.
|