Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, October 23, 2017
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


July 30, 2009
PIET SE GEBED



 

Vers-'n-dag

 

God beantwoord gebede (Psalm 138v3)
Deur: Benescke Botha
 
"Ag, Here"... Daar was 'n lang sug voordat Piet weer die krag gehad het om verder te bid.

Langs hom op die grasperk het sy twee honde oudergewoonte opgewonde na hom gestaar terwyl hy oor hulle pelse streel.

"Here, kyk net hoe lekker is dit vir my honde as ek met hulle hare speel. Al wat ek U vra is om vir my 'n lewensmaat te stuur wat ook so met my hare kan speel." 
 
Na Piet se egskeiding sowat nege jaar gelede het hy opnuut 'n verhouding met God begin bou. Hy het geleer dat hy Hom vir enigiets kan vertrou. Tog was daar net een gebed wat skynbaar onbeantwoord gebly het. Sy gebed vir 'n lewensmaat.
 
Soos die wagtyd in jare verander het, het Piet se lysie met eienskappe wat hy graag in sy lewensmaat wou hê ook gegroei. Maar so ook die aantal kere wat hy homself op moedverloor se vlakte bevind het.

Dit is dan dat hy sy Bybel nadergetrek het om homself aan God se beloftes te herinner. Een hiervan was in Psalm 138:3: "Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee." 
 
Dit was kort na die dag op die grasperk saam met sy honde dat Piet besluit het om sy geloof prakties te demonstreer. Hy sou alles gereed kry vir sy bruid, van wie daar op daardie stadium nog geen teken was nie. Hy het sy huis uitgeverf. Die dak laat regmaak. Hy het selfs by die gimnasium aangesluit en begin gesond eet. As iemand hom gevra het hoekom hy soveel gelukkiger lyk het hy met 'n glimlag geantwoord: "Die Here sê mos in Hebreërs 11:1: Geloof is om seker te wees van die dinge waarop ons hoop en oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie. Net soos Noag is ek besig om my ark reg te kry. Dit gaan binnekort begin reën."
 
Dit was 'n maand nadat die verwers die laaste muur van Piet se huis geverf het, het hy 'n funksie by sy kerk bygewoon het. Hier het hy die beeldskone Lientjie ontmoet. Dit was nie lank of die twee was onafskeidbaar. 'n Paar weke na hulle ontmoeting het Piet sy jare lange lysie in sy huis ontdek. Geskok het hy besef dat Lientjie nie net al die eienskappe daarop het nie, sy het ook nog soveel meer!

Om doodseker te maak dat sy werklik die vrou is waarop Piet gewag het, het hy die Here gevra om vir oulaas aan hom te kom bevestig op 'n manier wat hy sou verstaan.
 
'n Week later het die paartjie in 'n restaurant gesit en eet.

In die middel van 'n gesprek het Lientjie skielik reguit in Piet se oë kyk.

"Piet, ek weet dit gaan nou vreeslik vreemd klink," het sy skaam begin.

Hy het dadelik vorentoe geleun. "Ja?"

Lientjie het nou geglimlag voor sy verder praat: "Ek weet nie of dit vir jou iets sal beteken nie, maar dit voel heeltyd asof die Here vir my sê om met jou hare te speel."

Onverwags moes die 50-jarige Piet nou skielik die knop in sy keel wegsluk.

Na tien jaar se gewag het die Here sy gebed eindelik kom beantwoord.

Piet en Lientjie is in verlede jaar getroud.
 
Waarvoor vertrou jy die Here vandag? Dalk ook vir 'n lewensmaat? Dalk vir versoening in jou huwelik? Onthou Psalm 138:3 se woorde: "Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee."

Net soos die Here daardie dag op die grasperk Piet se gebed gehoor het, hoor Hy ook jou gebede.

Ek wonder, is dit nie dalk ook vir jou tyd om jou ark te begin bou nie? Sterkte!
 

Vader God, dankie vir U getrouheid. Dankie dat ek kan weet, dat U daarin spesialiseer om selfs my grootste verwagtinge te kom oortref. Ek bring vandag ook (wat ook al jou behoefte is) na U toe en ek plaas my vertroue in U. Lei my deur hierdie dag. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus.

Amen.
 
 Be
nescke Botha is 'n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte.
 
Lees vandag se Bybelgedeeltes by www.bybel.co.za

 

 

* * *

 

 

Om in te teken by Vers-n-dag, kliek hier.
Om intekening te kanselleer, kliek hier.

 


 



 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za