Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, October 23, 2017
[1] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


June 23, 2009
GOD SE EETPLAN VIR MENSE

GOD SE EETPLAN VIR MENSE

Die Bybel sê dat God eers die hemel en aarde gemaak het, met die visse, die diere en die plante daarop, dat Hy ‘n wonderlike tuin geplant het …en toe die mens gemaak het.
In Sy alwysheid, het hy eers alles voorsien wat die mens op aarde sou nodighê om gesond te kan lewe.

Alles wat gesond en goed is vir die mens om te eet, het ons van altyd af tot ons beskikking gehad …
hoekom leer ons dan so stadig …?

God het selfs vir ons aanduidings gelos,  sodat ons kan weet:

Die wortel, dwars gesny, herhinner aan die mens se oog, kompleet met iris en pupil.Navorsing het jare gelede al bewys dat die vitamienes in wortels spesifiek goed is vir die bloedtoevoer en werking van die oog.

‘n Tamatie bestaan uit vier huisies, en is helder rooi – so bestaan die hart uit vier hartkamers, en is rooi. Navorsing bewys dat tamaties gelaai is met likopiene – die beste voeding wat die hart kan kry.

Druiwetrosse se vorm herhinner ook aan die vorm van die hart, en elke druiwekorrel lyk net soos bloedselle in die hart. So bewys die wetenskap dat druiwe gelaai is met voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die gesonde werking van bloedvloei deur die hart.

‘n Pekanneut lyk net soos die brein – kompleet met regter en linker lobbe, die cerebrums bo en cerebellums onder – selfs vol rimpels en voue,net soos die brein. Navorsing bewys dat neute gelaai is met voedingstowwe wat die brein funksie bevorder.

Bone is in die vorm van die menslike nier, en ja, die voedingstowwe in bone is baie goed vir die werking van die niere.

Plant stingels soos seldery en rhubarb, herhinner aan die bene in ons liggaam. Vir gesonde bene het ons sodium nodig – bene bestaan 23% uit sodium .. so bevat hierdie plante ook 23% sodium. As die liggaam nie genoeg sodium inkry nie, ontneem hy dit uit ons beendere, en so word ons skelet verswak.

Avokado’s, eiervrug en pere bevorder die gesonde werking van die vroulike organe, hulle is presies dieselfde vorm.

Onlangse navorsing toon dat as ‘n vrou een avokado per week eet, dit hormone balanseer, oorgewig by swangerskap beheer en baarmoeder kanker help voorkom. En hoe wonderlik is dit: - Dit neem 9 maande vir ‘n avokado om te groei, van bevrugting af tot by ‘n ryp vrug. Daar is vasgestel dat hierdie vrugte meer as 14,000 chemiese vorms van voedingstowwe bevat, en navorsers kon nog net 141 van hulle bestudeer en name gee…

Vye is vol saadjies en hulle hang twee-twee terwyl hulle groei. Vye bevorder die hoeveelheid en beweeglikheid van manlike spermselle en kan help om steriliteit te oorkom.

Soet patats lyk nes die pankreas, en bevat voedingstowwe wat die gloukomiese indeks van suikersiektelyers help balanseer.

Lemoene, pomelo’s en sulke sitrus vrugte lyk net soos die weefsel en kliere in die vroulike bors en die voedingstowwe in hierdie vrugte is uitstekend vir die noodsaaklike toevoer van limf in en uit die bors.

Uie lyk net soos liggam selle. Navorsing bewys dat voedingstowwe in uie help om afvalstowwe uit liggaamselle te verwyder. Hulle maak ook dat jou oë traan, en spoel en reinig op so ‘n manier die verskillende lagies van oogweefsel.
So is knoffel ‘n vennoot om saam met uie, afvalstowwe en gevaarlike vrye radikale uit die liggaam te verwyder.

 

Die natuur-voorsiening is net nog een van God se wonderlike maniere om te sê dat hy Sy kinders liefhet … stuur hierdie inligting aan almal wat jy liefhet en vir wie jy omgee!!
GESONDHEID!

 



June 16, 2009
'n kind se ps 23

                                            
‘n Sondagskool juffrou het besluit dat haar klas een van die bekendste Psalms, Ps 23, uit hulle koppe behoort te ken.
Sy het die kinders ‘n paar weke  kans gegee om dit te gaan leer, en dan sou hulle dit voor die hele kerk voordra.
Klein Jan was baie opgewonde oor die opdrag, en het regtig hard probeer, maar hy kon net nie die psalm in sy kop kry nie.

Na baie ure en probeerslae, kon hy nog skaars die eerste lyntjie onthou.

Die groot dag breek aan en dit is klein Jan se beurt.
Hy staan voor die hele gemeente, neem die mikrofoon en se ewe trots:

“Psalm 23. Die Here is my Herder … en dis al wat ek hoef te weet.”




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za