Ek dank U, o Vader,
dat ek in hierdie hartelose tyd
geen weeskind is nie;
dat U ons nie sonder 'n Naby-God gelaat het nie
Ek dank U, Jesus, dat U ons eers
met U Gees versorg het
voordat U in heerlikheid opgeneem is.
Ek dank U, Heilige Gees,
dat U die vals musiek wat ek maak,
met Goddelike geduld verduur
en dat ek, wat al die f kruise en Bmolle uitlaat,
kan weet:
U sal my mos nooit verlaat nie
Uit: Hy verkwik my siel
Struik Christelike Boeke
|