Wie is hierdie Jesus, wat stormwinde stilmaak
Wie is Hy, wat siekes en kreupeles kom aanraak
Wie is hierdie Jesus, dat mense Hom wil kruis -
Wie is Hy dat engele Hom prys?
Hy is die groter Liefde, die Lewensbrood en Wyn
Die Waarheid en die Wysheid, die Morester wat skyn
Hy kom weer op die wolke - en elke knie sal buig
Diè wat Hom gevolg het - sal ewig jubel en juig!
Wie is U o Jesus, wat op die aandwind fluister
Wie is U o Jesus, wat lig bring in my duister
Wie is U o Jesus, wat sterf in soveel smart
En wie is U, wat leef hier in my hart?
U is die groter Liefde, my Lewensbrood, my Wyn
My Waarheid en my Wysheid, my Morester wat skyn
U kom weer op die wolke - en elke knie sal buig
Diè wat U gevolg het - sal ewig jubel en juig!
|