Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, December 15, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


March 9, 2009
DIE BRUG BOUER

DIE BRUG BOUER                                                       

Twee broers, wat jare lank sonder enige probleme langs mekaar geboer het, het op ‘n dag oor iets kleins ‘n verskil gehad. Dit het egter al hoe verder uitgekring, en die twee, wat vroeer selfs plaas implimente kon uitruil en net vrede onderling geken het, het later nie eers meer met mekaar gepraat nie.

Een oggend was daar ‘n klop aan Jan se deur. Hy maak oop, en daar staan ‘n man met ‘n kassie vol houtwerk gereedskap.

“Ek is op soek na  werk, “ se hy, “ is daar miskien ‘n los dingetjie hier en daar op u plaas waarmee ek u te hulp kan wees? “, vra die houtwerker beleefd.

“Wel, ja, “ antwoord die oudste van die twee broers. “Kyk oor die rivier na die plaas aan die anderkant. Dis my buurman – om die waarheid te se, my jonger broer. Hy het my die afgelope tyd soveel probleme gegee. Sien jy daardie hoop hout wat daar langs die skuur le? Bou asseblief ‘n agt voet hoe muur tussen my en my broer, sodat ek hom of sy plaas nooit weer hoef te sien nie!”

Die timmerman antwoord “ Ek dink ek verstaan die situasie. Wys my skroewe en die spykers – ek is seker u sal baie tevrede wees met my werk!”

Die oudste broer moes dorp toe gaan vir die dag, en nadat hy die skrynwerker alles gewys en gegee het wat hy nodig het, is hy daar weg. Die houtwerker het hart gewerk daardie dag … gemeet, gepas, gesaag en spykers ingekap. Toe die boer so teen skemer terugkom, was hy omtrent net mooi klaar.

Die boer se oe rek wyd … daar was geen muur nie, maar wel ‘n brug , ‘n brug wat strek van die een kant van die plaas tot op die boetie se plaas oorkant die rivier.  ‘n Pragtige stukkie werk, met handreelings en al. En halfpad oor die brug, sy jonger boetie wat met ‘n uitgestrekte hand na hulle toe aangestap kom.

“My broer, ek dink die wereld van jou. Om te dink jy bou ‘n brug tussen ons, na alles wat ek gedoen en gese het!  Asseblief, vergewe my!“

En daar stap die broers oor die brug, ontmoet in die middel, en maak vrede.

Net toe hulle omdraai, sien hulle die houtwerker sy kassie weer op sy skouer sit.

“Wag! ‘” roep hulle, “Bly asseblief . Ons het nog baie projekte waarmee jy ons kan help! “

“Ek sou graag wou bly, maar ek het nog baie brue om te bou” , se die timmerman, en verdwyn in die aandskemer.




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za