Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 18, 2019
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MOOISTE MOOISTE MAAND
Tyd vlieg, en hier is Oktober voor die deur. Ons sing Donderdag oggend 2 Oktober om 11h00 by FaerieGlen Aftree Oord, dit

Lees Verder...


Pitkos


Vier fees, ook vandag!
Dra altyd wit klere, volgens Prediker 9:8. Trek feesklere aan - nooi die Here as Eregas na jou lewe. Vra sommer ook of

Lees Verder...


Terugvoering


Seniors Paasontbyt, Centurion 16 April
Goeie more! Ai wou gister al vir jou geskryf het. Julle is 'n gedugte span. Ons is oorval met komplimente oor die oggend

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


December 9, 2008
HALLELUJA
Liewe musiekvriende!
Francois en ek wens julle die wonderlikste Kerstyd toe ...
'n Kerstyd waarin ons almal met verwondering sal her-ontdek
hoe lief die Here ons werklik het.
Mag julle in die saamwees met vriende en familie ook Sy naby-wees ervaar,
en mag Hy elkeen wat alleen is, met 'n vrede toevou,
wat alle verstand te bowe gaan 

Hier is vir julle 'n Halleluja vir Kersfees:

Wanneer die kersliggies die strate verhelder
wil ek beleef hoe U Lig hierdie donker wereld verlig
Terwyl ek my kersboom versier, 
wil ek onthou hoeveel pakkies genade
U elke dag onder die boom van my hart sit
En wanneer ons geskenke uitruil
wil ek die Grootste Geskenk van alle tye
weer in my lewe innooi

Ek wil vanjaar met oorgawe uitjubel:
Eer aan my God wat in die Hemel regeer
en vrede aan almal hier op aarde!

    



Archives

 

Pitkos
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za