Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, September 18, 2018
[1] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


September 11, 2008
DIE JIRRE SAL SORRE

Laat middag toe dit koeler is, het Meester oorgestap. Heel middag loop en dink oor ant Lena, wat nou sonder man vir die kind moet sorg - en oor klein Lena, maar hy het nog nie ‘n antwoord nie. Partykeer bly geloof weg - soos reën.

Maar help, moet hy help. Lena is nog maar klein - hy weet self nie hoe die Here vorentoe gaan help nie - dis ‘n voetpad wat tussen die rosyntjie bos wegraak...

Hulle moet net bly praat - en saam met ant Lena bid. Klein Lena verstaan nog te min. Die grootmense moet maar vir haar ook bid.

Die blou geverfde deur van haar huisie is oop toe hy klop, maar daar is nie antwoord nie. Ant Lena is dalk by die kookskerm? Sal maar omloop soontoe.

Dis toe hy om die hoek kom, dat hy haar sien - haar rug half na hom toe. Sy het hom nie oor die sand hoor aankom nie. Klein Lena staan met haar hande voor haar gevou, die kop agter-oor en die oë toe. Hy dog sy bid.

"A, B, C, D..."    Hy wag tot by Z.

"En nou?", vra Meester saggies toe sy haar oë oopmaak, voel vir hom asof hy ‘n gesprek onderbreek,

"Hoe staan jy dan so op jou eie hier, klein Lena?"

"Ek bid, Meester"

"Bid?"

"Ja, Meester"

"Maar kind, jy sê mos die alfabet op?"

"Ek weet Meester, maar die Here weet waar die letters moet kom. Hy sal hulle self agtermekaar sit, Meester"

Meester het omgedraai, en hy het geweet: Die Here sal sorre.

Prof Hans du Plessis, Potchefstroom




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za