EK HET VANDAG deur Helen Steiner Rice
Ek het vandag vir jou gebid
Ek het die Heer gevra
om jou met Sy seën te omvou en dag na dag te dra
Ek het nie gebid vir voorspoed nie
Vir rykdom , of vir faam –
Maar net gebid vir seën ter wille van Sy Naam
‘n seën wat sal opbeur
In tyd as laste druk –
En ‘n blydskap wat jou hart sal vul
Met vrede en geluk
|