Heer, so met ons kaalvoet siele
staan ons voor ‘n krip en ‘n kruis;
sommer so, nes ons is …
Dit is dan juis in hierdie tyd van die jaar
dat ons so naby aan U voel
Miskien omdat U ons herhinner
aan hoe naby U aan ons gekom het
Eers in die stal in
Bethlehem
,
En later, aan die Kruis op Golgota..
en nou, in hierdie stowwerige harte van ons
Heer, sommer so met ons kaalvoet siele
Sien ons soos die wyse manne destyds,
U in doeke, sommer so nes ons is
Dis dan juis in hierdie tyd van die jaar
Dat ons hoor hoe U met kaalvoet-mense praat
Omdat U genade ook vir ons genoeg is
omdat U so liefhet dat U bloei en ly vir ons
Heer, sommer so met kaalvoet siele
Vier ons Kersfees hierdie jaar
Sommer so, nes ons is
En hier, in die Suiderland,
raak ons stil en klein voor U grote majesteit
Selfs die engele in die Hemel
bedek met vlerke hul engel–aangesig…
Heer, so met ons kaalvoet siele:
neem tog aan ons kersgedig
Mag jy 'n Kersfees vol vrede en vreugde he en 'n Nuwe Jaar wat jou sal verstom met al die verrassings!
Baie dankie vir al die gasvryheid, liefde en ondersteuning wat ons van julle af gekry het die afgelope jaar
Liefdegroete
Francois en Elizabeth
|