Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, October 19, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


October 6, 2007
OKTOBER PITKOS

‘N KAARTSPEL VIR DIE HERE                                                                                                                                          

‘n Jong soldaat was alleen in sy tent een Sondagoggend  in Afghanistan .

Dit was stil daardie oggend … om een of ander rede, was daar geen mortiere en veraf geweerskote hoorbaar  nie.

Die soldaat het net geweet dis ‘n Sondag. ‘n Mens voel dit mos aan, daar is altyd iets anders, iets heiligs, aan die Sondag.

Toe haal hy ‘n verweerde pak kaarte uit en sprei dit oop op sy bed.

Net toe kom ‘n sersant in, sien die kaarte en vra:

“Is jy nie saam met die ander manne uit vandag nie?”

“Nee Sersant” , antwoord die soldaat, “ek het gedink om vandag liewer hier te bly en tyd saam met die Here deur te bring.”

Geamuseerd merk die sersant op: “Dit lyk vir my meer asof jy besig is om kaart te speel!”

“Nee, sersant sien, ons word mos nie toegelaat om ons Bybels in hierdie land in te bring nie, en nou leer ek meer van die Here met hierdie pak kaarte.” 

“Hoe is dit moontlik?” , vra die sersant.

“ Kyk, die A herhinner my daaraan dat daar net Een God is.

Die Twee wys op die twee dele van die Bybel, die Ou en die Nuwe testament.

Die Drie herhinner my aan die Drie Eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.

Die Vier staan vir die vier evangelies: Mattheus, Markus, Lukas en Johannes.

Die Vyf herhinner my aan die vyf maagde – daar was eintlik tien, maar net vyf was gereed en het die Hemel ontvang.

Die Ses dui op die ses dae waarbinne God die Hemel en die Aarde gemaak het.

Die Sewe is vir die Sewende dag, wat God eenkant gesit het om te rus.

Die Agt herhinner my aan Noag, sy vrou, hulle drie seuns en hulle vroue. Dit is die enigste agt mense wat God gespaar het in die sonvloed.

Die nege herhinner my aan die nege melaatses wat Jesus genees het. Hy het eintlik tien genees, maar nege het nooit dankie gesê nie.

Die Tien staan vir die Tien gebooie wat God aan Moses gegee het, neergeskryf op twee klip plate.

Die Jack herhinner my aan Satan. Hy was ook eens ‘n Engel van die Here, maar as gevolg van sy sluwe leuens en haat, is hy uit die Hemel geskop en nou is hy die groot Joker van die fagevuur.

Die Koningin staan vir die Bruid van God, dit is Sy kerk op aarde, sy gemeente van gelowiges wat wag dat Hy weer terugkom om haar te kom haal.

Die Koning staan vir Jesus, die Koning van alle konings en die Koning van alle tye.

As ek die aantal simbole op die kaarte tel, is daar presies 365 -  een vir elke dag van die jaar.

Dit herhinner my daaraan dat God my elke dag beskerm en by my is.

Daar is 52 kaarte in ‘n pak – een vir elke week van die jaar. Dit herhinner my aan hoeveel tyd ek het om vir Hom iets te doen.

Daar is vier stelle in ‘n pak: dit verteenwoordig die vier seisoene: somer, herfs, winter en lente.

Dit herhinner my aan hoe God in beheer van alles is.

So, as ek behoefte het om met die Here te praat, of om Sy stem te hoor, haal ek net my ou pak kaarte uit, en dan sien ek hoe baie ek het om voor dankbaar te wees”

Die sersant was vir ‘n hele ruk doodstil.

Toe vra hy met trane in sy oë: “Soldaat -  ek is stukkend soos ‘n lekkende kleipot. Leen asseblief vir my ook jou pak kaarte? “

 

 

 

 

 

 

                                                                                                                                                                          

 

 

 




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za