Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, October 20, 2017
[3] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei
Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag

Lees Verder...


Pitkos


DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP
Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou

Lees Verder...


Terugvoering


Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma d

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


September 6, 2007
SEPTEMBER PITKOS

 

Die gekraakte kleipot.

 

‘n Ou Chinese dame het twee potte gehad. Elk het aan die kant van ‘n paal gehang wat sy op haar skouers gedra het om water mee te gaan haal.

 

Die een pot het ‘n kraak in gehad, terwyl die ander pot perfek was en altyd sy volle kwota water kon dra. Aan die einde van die lang ent van die stroompie af tot by haar huis, was die gekraakte pot maar net halfpad vol.

 

Vir langer as twee jaar het die ou dame met die twee potte water huistoe gebring.

Natuurlik was die perfekte pot baie trots op sy prestasie en die gekraakte pot was skaam omdat hy nie so goed kon doen wat hy veronderstel was om te doen nie.En na twee jaar, wat vir die gekraakte pot soos twee mislukte jare gevoel het, het hy een dag met die ou dame daaroor gepraat.

“Ek kry skaam vir myself. Die kraak in my maak dat omtrent die helfte van my water uitlek teen die tyd dat ons by die huis kom”

Die ou dame het geglimlag.

“Het jy al opgelet dat daar blomme groei aan jou kant van die paadjie en nie aan die perfekte pot se kant nie? Ek het nog altyd geweet het van jou kraak – en daarom het ek saaadjies gesaai al langs die pad, en jy het hulle elke dag natgegooi soos ons terugstap huistoe. Vir twee jaar lank al pluk ek die pragtigste blomme aan jou kant van die paadjie. As dit nie was dat jy is soos jy is nie, sou ek nooit al die vreugde van die blomme in my huis gehad nie!

Elkeen van ons het ons eie unieke kraak. En dis juis ons elkeen se krake en tekortkominge,  wat ons lewe saam met mekaar so interessant maak. Ons moet net bereid wees om mekaar  te aanvaar soos ons is en om die beste in mekaar te soek. En kyk, daar groei blomme aan jou kant van die paadjie!!!




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za