Optredes vir die res van Maartmaand en April, is almal uitgestel. Almal voel die impak van hierdie stukkie wereld geskiedenis, op een of ander manier.
As ons terugdink aan ons musiek loopbaan, kan ons bittermin kere onthou wat enige optredes gekanselleer is. Die Goeie Vader het ons deur siektes, familie-dood of krisisse, elke keer deur gedra. Kere wanneer optredes wel geskuif is, het ons agterna gesien - ons sou daardie datum in elk gebval nie kon maak nie. So het die Here gesorg, en ons dagboek bepaal.
Ons is teleurgesteld oor hierdie kiem-krisis en die effek wat dit op ons as muskikante het, besorg oor kollegas wat afhanklik van die inkomste is, en frustreerd omdat ons weet - musiek is ook 'n soort medisyne vir ons mense, en nou kan ons dit nie bring nie.
Maar ons Here skryf die datums in en Hy weet ook die rede vir hierdie donker tyd in almal se lewens. Ons gee ons eie, en julle almal se lewens, in Sy Hand.
Tot anderdag ... |