Ons laaste optrede van die jaar is afgehandel - ons maak gereed om see toe te gaan, dis ons beurt om hierdie jaar ons kinders en kleintjies by ons te he... wat 'n vreugde!Baie baie dankie aan almal wat ons deur die loop van die jaar ondersteun het, gasvry ontvang het, en wonderlike geleenthede aan ons toevertrou het. Ons is so lief vir die mense wat ons musiek geniet. Dis gewone, goeie mense wat kwaliteit van musiek kan waardeer. Dis so lekker om voor julle te staan en sing en om te sien hoeveel dit vir julle beteken. Ons wens "ons" mense 'n vredevolle en veilige Kerstyd toe. En tot ons mekaar weer sien .... mag God julle veilig vashou in die palm van Sy Hand! |