Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, January 20, 2021
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Vir die eerste keer in Hobhouse
Ons was so bly om die oproep uit Hobhouse te ontvang, vir 'n kers-optrede daar, eerskomende Sondag oggend die 13 de Dese

Lees Verder...


Pitkos


If you look for Me ....
If you look for Me at Christmas, You won't need a special star. I'm no longer just in Bethelehem, I'm right there whe

Lees Verder...


Terugvoering


N G KERK LINDLEY 22 NOV
More Elizabeth, Ons gaan dalk volgende jaar weer kuier. Dit was ongelooflik en ons kan nie uitgepraat raak oor die belew

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


November 20, 2019
Die E G Kerk verjaar!

Met die oog op feesvierings van die 75ste  bestaansjaar van die E G Kerk in Suid Afrika, toer ons hierdie naweek na EGKerk NewCastle vir 'n lekker kuier konsert Vrydag aand 22 November, en is ons Saterdag aand weer by die EGKerk Richardsbaai. Ons gaan ook Sondag aand 24 November 'n Kers Sangdiens by die EG mense van Richardsbaai hou. Almal word uitgenooi. Laat die Fees begin! Meer inligting oor ons optredes, by "Optredes". 


November 11, 2019
Optredes vir hierdie Sondag

Die datum waarop ons volgende optrede se ooreenkoms bevestig is, was 2 Desember 2018. NGKerk Daspoort. Hulle het seker gemaak hulle kry ons betyds vir hierdie jaar!! So - eerskomende  Sondagoggend 17 November bied ons ons SOMERKERSFEES Kers sangdiens aan by NGKerk Daspoort. Die kerk is in Keeromstraat, en dit begin 09h00. Almal is welkom! Dieselfde met NGKerk Tuinedal in Sasolburg - datum waarop optrede bevesitg is: 31 Januarie 2019.... feitlik 'n jaar vooruit. Ons sien julle graag eerskomende Sondag aand 17 November om 18h00. Hoe wonderlik om hierdie eeue-oue Blye Boodskap week na week te kan oorvertel, asof dit splinternuwe nuus is - want God maak alles nuut!


November 7, 2019
SOMERKERSFEES IN DIE VRYSTAAT

Eerskomende Sondag sing ons saam met die  gelowiges in Theunissen, dis by die A P Kerk om 09h30, en Sondag aand 19h00 by die NG Kerk Hennenman. Almal is welkom om dit saam te kom geniet! 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za