Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, April 15, 2021
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Lekker gesels met Maroela Media!
Hiermee dan die skakel na die artikel en sy podsending op Maroela Media wat oor die naweek by ons verskyn het: https://

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


rsg, Februarie 2021
Francois en Elizabeth, Baie dankie vie julle program verlede week op RSG. Ek het my kinders vooraf laat weet en ons he

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


July 25, 2019
'N KUIER BY DIE BUUR GEMEENTE

Sondag oggend 4 Augustus gaan kuier ons by N G Kerk Schonkenville, hier in Parys. Ons gemeente versorg en bedien hierdie mense, wat dit nie breed het nie met kos en lewensmiddele. Soms gaan sing ek en Francois  'n bietjie saam met hulle, sommer vir die vreugde en welwillendheid. Almal is welkom om saam te gaan! Dis altyd 'n merkwaardige ervaring. Dis 11h00. Kom gerus!


July 2, 2019
381 ON GRACE

Kyk bietjie na die nuwe opskrif onder ons webblad se "menu" - GASTEHUIS. Daar is inligting en foto's van ons gastehuis op lieflike Vaal de Grace, net buite Parys. Die ideale naweek-wegbreek, gesins/familiekuierplek, of klein konferensie. Kom kuier! Selfs al is dit nou winter en baie vaal in die Vrystaat, het die gastehuis 'n lekker kaggel, sonnige winterstoep en selfs elektriese komberse. En die wintersdae in die Vrystaat is nie te versmaai nie: yskoue nagte, maar blou-lug sonnige windstil dae. Ideaal vir 'n laat-oggend potjie gholf op ons Nick Price ontwerp Baan.


July 2, 2019
sing die winter warm!

Juliemaand kuier ons 'n bietjie in die warmer dele van die land - ons is op 7 Julie in Phalaborwa vir 'n sangdiens by die NGKerk om 09h00, 14 Julie by NGKerk Messina, en Donderdag 18 Julie in Ellisras by die E G Kerk vir 'n heerlike gesinskonsert. Sondag 21 Julie kuier ons by NGKerk PetrusSteyn met 'n Winter-warmte sangerediens om 09h30 die oggend - sien julle daar! 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za