Dis 'n besige jaar, baie ekstra dinge tesame met die musiek. Ons het die groot voorreg gehad van 'n besoek aan die Okavanga Delta saam met ons boeties en sussies. Ons het Andrea Bocelli se jaarlikse optrede in sy tuisdorp, Lajatico, Italie, gaan bywoon, en ook 'n Mozart musiekkonsert in een van Wene se pragtige nostalgiese teaters. Op familie front, het ons ouma Stienie se 90ste verjaardag gevier; en vir Lua gedoop tydens 'n baie spesiale geleentheid hier op Vaal de Grace. Ek het onlangs 'n splinternuwe heup gekry, en Francois is gesond na 'n skouer operasie. .... julle verstaan dus waarom ons lanklaas ons webwerf 'n bietjie opgeskerp het!! Ons optredes vir die res van die jaar, begin weer op 15 November met 'n kers-konsert vir die seniors van Hartebeesfontein. Volle besonderhede van ons toerprogram, is beskikbaar onder "optredes". Dankie vir julle gebede, musiekvriende. Ons weet daar is baie mense wat vir ons intree. Dit is so kosbaar vir ons! |