Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kollegepark Laerskool kore. Altyd iets besonders. Die opregtheid waarmee kinders die HERE loof en vir Jesus liefhet, spreek tot elke grootmens. Kom beleef dit! Woensdag aand ry ons na Potcheftroom vir die Kers afsluitings-ete van Potch Dienssentrum. Sanet en Wendri is soos twee engele in die seniormense van Potch se lewens. Dit gaan 'n puik aand wees. Dis ons eer om as gaskunstenaars op te tree. Saterdag kuier ons in Postmasburg saam met die ouer mense. Lekker konsert, lekker saam eet en kuier. Kontak Karen Herbst 0748934939. En as jy Sondag oggend 26 November in Kimberley is, kom loof die HERE saam met ons by die AP Kerk, Die Kruis.Dit begin 09h00 en enige iemand kan kom. Sondag aand is dit Kers Sangdiens in die pragtige NG Moederkerk in Colesberg. Dit sal so lekker wees om jou daar te sien! Almal welkom. |