Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, February 25, 2018
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


October 31, 2017
SOMERKERSFEES

Somer Kersfees

Alhoewel Francois en Elizabeth se musiekloopbaan afgeskop het met ‘n goue  ligtemusiek treffer, “Wil jy dans Carina”, het hierdie geliefde sangpaar hulleself ook met die loop van tyd onmiskenbaar gevestig op die geestelike musiek terrein, met ‘n hele paar geestelike albums en treffers op die mark.

Daar was lankal reeds navrae vir ‘n opname van hulle Kersaanbieding, SOMERKERSFEES. Nou het Francois en Elizabeth aan die versoek voldoen en bied met groot trots hierdie unieke album aan.

SOMERKERSFEES bestaan uit ‘n samestelling van verse en voorlesings vir Kersfees, asook al die geliefde kersliedere soos Bethlehem ster, Die Heiland is gebore, Jerusalem, Somerkersfees, Stille nag, Al was ek nie daar nie, en vele meer. Hierdie is ‘n saam-luister en saam-sing album vir in die huis of motor, ‘n Kerssangdiens vir gemeentes en selgroepe, en ‘n viering van die Kersboodskap vir families en vriende wat graag bymekaar kom in die kerstyd. Dis die ideale geskenk vir ouer mense, wat nie meer kan uitgaan om ‘n sangdiens by te woon nie, of vir Afrikaanse gesinne in die buiteland wat nie ‘n Kerssangdiens in hulle eie taal kan geniet nie.

Die eerlike en oortuigende styl waarmee Francois en Elizabeth SOMERKERSFEES lewendig aanbied, het in die verlede reeds baie harte geraak. Met hierdie album kry mense oor ‘n breër spektrum nou die geleentheid om hierdie inspirerende Kers-reis mee te maak.

SOMERKERSFEES is beskikbaar by musiekwinkels soos Musica, Music4U en Cum Boeke, asook  by www.francois-en-elizabeth.co.za


October 31, 2017
KERSFEES BEGIN OP VANDERBIJL

Die eerste van ons reeks SOMERKERSFEES Kers-sangdienste, begin jou werklikwaar  al eerskomende naweek. Die jaar het gevlieg! Kom sing gerus saam. Met alles wat nou rondom ons gebeur, voel dit asof ons ekstra nodighet om die Goeie Nuus van Jesus se koms na die aarde weer- en meer dikwels- te hoor. Dis NG Kerk Vanderbijlpark Sentraal, LeonCachetstraat, Vanderbijl en dit begin om 18h30. Kyk gerus op ons Kalender onder OPTREDES, waar ons oral hierdie jaar ons kersdienste gaan hou.


October 17, 2017
Musiekplesier by Bambi en by Witbank Vallei

Musiek bring 'n glimlag op die gesig ... daar is geen groter lekkerte nie, as om te sien hoe mense begin ontspan en lag tydens 'n konsert. En dan bring die kleintjies altyd daardie ekstra sprankel op die verhoog! Vrydag oggend is dit die oumas en oupas van Bambi Kleuterskool in Lyttelton se beurt. En eerskomende Saterdag oggend kan almal saam kon lekkerkry by NG Kerk Witbank Vallei se Oktober tee. Kontak vir Gerda by 0828625930 vir jou kaartjie. Die tema is "Dankbaarheid en Lewensblyheid", en dis presies waaroor ons gaan sing. Ons almal het tog so 'n groot behoefte daaraan!


October 3, 2017
2017 Finbond Mutual Bank Kleuterkunskompetisie

Kleuterkunskompetisie




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za