Ons is veilig terug na ons baie suksesvolle Lentetoer na die SuidKaap. Dankie vir almal wat ons so hartlik ontvang en ondersteun het!
Ons geniet die mense so baie. "Toe jy op die verhoog kom, het jou gesig vir my baie bekend gelyk", kondig 'n man trots aan na ons optrede by die Oupa en Ouma dag by Hartenbos Laerskool, waar ek 'n voorprogram saam met die skool se kinders gedoen het. "Maar toe 'Johan' (?) op die verhoog kom, het ek geweet - ek ken julle al laankal!!"
Hierdie naweek vier ons fees saam met Klerksdorp Suid NG Kerk. Die gemeente het vir hulle 50 jarige bestaansjaar 'n lekker konsert gereel. Dis 16 September om 19h00 by NG Suid, Klerksdorp. Kontak vir Marinda by die kerkkantoor vir meer detail - 01846238683. Sondag is daar 'n gesins-vriendelike erediens by Ned Hervormde Kerk SonlandPark in Vereeniging. Almal is welkom, dit begin 09h00. |