Ons het van tyd tot tyd 'n lofsangaand by ons tuis gemeente, N G Parys Wes. Met die skole wat weer hierdie week begin, kom alles mos weer op dreef. Ons kerk hou Saterdag 29 Julie basaar en die naweek word afgesluit met hierdie gemaklike en informele saam-sing geleentheid. Kinders, jongmense, ouer mense, almal is welkom. Kom nes jy is, na die tyd drink ons warm skokolade en kuier 'n bietjie saam in die saal. As jy wil kan jy 'n deurkollekte ondersteun vir liefdadigheid. |