Die lewe bly 'n lied - al sing mens soms die hartseer note. Nadat ons verlede week van Francois se pa afskeid geneem het, is ons hierdie week weer voluit besig. Kom kuier saam by NG Kerk Losberg in Fochville, Donderdag oggend 16 Februarie, 10h00. Dis 'n verskeidenheid van musiek - sommer net vir die lekker daarvan. Almal welkom. Dan sing ons Saterdag oggend 18 Februarie by N G Kerk Vanderbijlpark Sentraal, ook om 10h00. Dit word spesiaal vir die seniormense gereel, maar almal is welkom!Kontak vir Amorien by 0764861817. |