Tyd vlieg! - daar is nog 'n paar optredes voordat ons ook 'n bietjie gaan uitspan. Baie baie dankie vir al die liefde, gasvryheid en welwillendheid wat ons landswyd ontvang. Dit is so 'n plesier om met ons mense saam te werk, ons geniet julle terdee! Kom sing gerus eerskomende Sondag aand saam as ons 'n Kers Sangdiens aanbied by die NG Kerk in Dewetsdorp. Maar voordat ons soontoe ry, moet julle nie more aand 24 November se "Kersspel vir kinders" mis nie. Dis saam met die maatjies van Swaan en Flamink Kleuterskool in die NG Kerksentrum in Lynwood. Dit begin 18H00. Die eerlike opregtheid waarmee kinders die blye boodskap van Jesus se koms oordra, kan geen mens onaangeraak laat bly nie. Kom kyk!! |