Dis asof die hele land in die Lentetyd nuwe woema kry. Ons sien dit aan hoe vol ons dagboek is, van nou af tot aan die einde van die jaar! Eerskomende Vrydag oggend hou ons lekker Ouma en Oupa-konsert saam met die kleuters van Westwood Pre-primer in Boksburg, Saterdag oggend is dit 'n Lentekonsert vir die Seniormense van Mosaiek Gemeente in Fairland, Sondag oggend het ons 'n Lentelofsangdiens by N G Kerk Welkom Noord, en Sondag aand 'n lofsangaand in ons eie gemeente, N G Parys Wes om 18h00. Almal welkom om te kom saamsing! Dis informeel en gemaklik. Kom nes jy is. |