Ons het die afgelope naweek ‘n “Winter-warmte” Lofsangaand in ons tuisgemeente hier in Parys aangebied, en die hele dorp genooi om te kom saamsing, en ‘n kombers saam te bring as liefdadigheid teenoor arm mense.Die reaksie was oorweldigend. Francois en ek het net weereens besef watter spesiale plek Parys is. Niemand hier is besonder wel-af nie, niemand hier spog met sy kar of sy “brand-name” THemp nie ... maar as dit kom by omgee en sorg-vir-mekaar, is almal daar. Dis hoekom ons so lekker hier woon. Tussen gewone mense ... wat glo.
|