Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


May 24, 2016
ONS SING VIR KOMBERSE
Ek het eenkeer 'n lied geskryf oor liefde, wat soos 'n kombers is wat om jou vou. Noudat dit so koud word in die aande, dink ek ekstra baie aan soveel mense wat nie die liefde, en ook nie die warmte van 'n kombers ken nie. Ons sing Sondag aand in ons tuis gemeente, NGKerk Parys Wes, sommer uit liefde tot die eer van die HERE en ons nooi almal uit om dit saam met ons te kom doen. Bring 'n kombers saam, om jou mee warm te hou - en los dit dan sommer daar na die tyd - sodat ons die mense wat koudkry, so 'n bietjie winter-warmte kan gee. Dit begin 18h00 en na die tyd bederf die kerk se tannies ons met warm sjokolade. Liefde is 'n wonderlike ding!

May 11, 2016
SING EN SPEEL OP JAM
Kyk eerskomende Sondag aand JAM, op KykNet, 19h30 daar is 'n onderhoud met Elizabeth, en 'n paar SING EN SPEEL kinderliedjie videos

May 9, 2016
SING EN SPEEL BY MUSICA BESKIKBAAR
Ek stap nou die dag in by Musica in Jeffreysbaai, om te kyk of SING EN SPEEL al op die rak is. Mense vra gedurig waar hulle dit kan kry. Niks op die rak nie, so vra ek toe die verkoopsdame daarna. Sy soek ook tevergeefs oral in die winkel .... loer toe op die rekenaar en ja, daar moet twee in voorraad wees, verklaar sy. Die uiteinde is dat sy dit opspoor-  in 'n boks, onder die dvd-rakke. Ek vra of dit moontlik is dat hulle dit dalk op 'n plek kan sit waar mense dit sal kan sien. Sekerlik, en daar stoot sy een SING EN SPEEL dvd met sy rugkant, soos 'n boek in 'n boekrak, erens in 'n oop gleufie in. Mense, dis hopeloos. Sal julle asseblief maar vra as dit nie op die rak is nie,want dalk het hulle dit ook net nog steeds nie uitgepak nie. Dit is definitief by MUSICA ... ongelukkig het hulle net nie dieselfde passie, dat kinders behoort te sing en speel en musiek leer geniet nie. Laat ek in dieselfde asem net vir Cum Boeke opkom: JESUSLIEDJIES 1 en 2, sal julle altyd by hulle kry. Dankie tog daarvoor!  



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za