Kleuters, laerskoolkinders - selfs babas... álmal ken tannie Elizabeth se lekkerliedjies wat deur die jare volksbesit geword het, en selfs in die nuutste FAK sangbundel ingesluit is. Kinders sing dit in konserte - dit speel in die klas, by die huis en in die motor... oor en oor. Ouers vra spottenderwys: “Wanneer kry ons nog liedjies? Ons kan nie nog een keer na Pannekoek of Dis sjokolade luister nie!!!”
So, hier is dit: SING EN SPEEL! ‘n Splinternuwe, kleurvolle saamsing-dvd vir die kleinspan. Met ‘n lewendige gehoor wat ywerig deelneem, kunstige animasie-prentjies en kleuters wat inkleur, dans en konsert-hou, gaan kinders vir ure besig bly. Nuwe liedjies soos Pienk Olifant, Gymliedjie, Reënboogliedjie, Lekkergoedliedjie en Die muis, nooi die kykertjies na ‘n vrolike kinder fantasie-wêreld. Elizabeth voeg ook ‘n paar van haar gewildste Jesusliedjies by. Deur Langoor Donkie, Laat ons sing en Jesus is my lewe, leerken kinders speel-speel die basiese Bybelwaarhede en word Jesus deel van hulle elkedag se bestaan.
SING EN SPEEL! sluit ook ‘n bonus-cd met lekkerliedjies en stories in - sodat kinders nie net kan kyk nie, maar ook kan luister - en so hulle verbeelding vrye teuels gee. Die stories kom uit Lekkerliedjieland... en Elizabeth se immergroen As Oupa so sê, Morsjors en Drie hoera’s vir die Mossiespan maak deel uit van die cd.
Ons lewe in ‘n tyd waarin monsters, plastiek-gewere en alles wat met knoppies werk, ons kinders se speelgoed geword het. SING EN SPEEL! DVD/CD bied ‘n welkome variasie van eerlike en kerngesonde kindervermaak. Liefde vir musiek word speel-speel in kinders se lewe ingeploeg. Dis ‘n belegging in vreugde, wat geld eintlik nie kan koop nie.
SING EN SPEEL! is van April af in winkels, of kan pos-bestel word op www.francois-en-elizabeth.co.za .
Vir enige navrae oor optredes vir kinders of by skole en kerke, kontak elizabeth@efmusiek.co.za .
Skakel ook met Lydia Winchester by 0825548453.
|