Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, June 17, 2018
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


November 30, 2015
Die jaar staan einde toe ...
Eerskomende naweek doen ons die laaste van 'n reeks SOMERKERSFEES Sang eredienste. Dit is so 'n groot blydskap vir ons om die goeie nuus van Kersfees te kan deel - veral hierdie tyd van die jaar, wanneer ons almal moeg is en ons die genade van die Here eintlik nog meer nodighet! Kom sing gerus saam .Sondag oggend 6 Desember by die N G Kerk Carletonville, en die aand om 19h00 by N G Kerk Jan Kempdorp om 18h00.  Ons neem ook deel aan Potgieterrus se LiggieFees, met 'n optrede vir die ouer mense by die  Piet Pot Ouetehuis om 19h00, op Vrydag aand 4 Desember.

November 23, 2015
KYK VIR ONS OP JUKEBOX!

Saterdag aand 28 November is ons gaste in die Jukebox Ateljee. Ons kuier op die bank saam met Pieter. Skakel in vanaf 19h30, op KykNet, kanaal 144. Ons speel vir die eerste keer ons nuutste trefferliedjie, "Ek hoop jy dans" Dan is ons Sondag oggend 29 November in Bothaville vir ons Kers aanbieding, "SomerKersfees. Dis 09h00 in die N G Kerk Meyerhof in Karee straat. Sondag aand om 18h00 doen ons "Somerkersfees" in die N G Kerk Klerksdorp Suid. Julle is so welkom. Hierdie jaar het ons besonder goeie terugvoer en raak die Kersfees- boodskap ons harte sommer ekstra spesiaal.


November 20, 2015
Kersdienste hierdie naweek
Daar is soveel EKSTRA rede om te juig oor God se genade hierdie week, met die wonderlike reen wat begin val het op die dorre aarde. Ons bied Sondag oggend 22 November 'n Kersdiens aan by die Hervormde Kerk Springs om 09h00, en die aand om 18h00 by die N G Kerk Virginia. Kom juig saam met ons!

November 16, 2015
HEMELDANS NOU BY CUM BOEKE

Na aanleiding van ons nuutste dubbel-album HEMELDANS, het Cum Boeke ons genader om eksklusief die geestelike deel van die album aan hulle uit te reik. "HEMELDANS - Geestelik"  bevat gewilde en inspirerende liedere soos Prys die Lam, Kosbaar, die Hemel het 'n nommer, en God be with you. Dit sal 'n wonderlike geskenk uitmaak vir ouer persone en familie wat oorsee woon. Besoek gerus Cum Boeke landwyd. Cum Boeke verkoop ook my geestelike kindermusiek,  "MY BESTE JESUSLIEDJIES" nr 1 en 2.




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za