Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, February 25, 2018
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


October 26, 2015
Kersfees kom...
Laerskool Klipfontein se Kerskonsert, het aan die begin van die jaar nog so ver gevoel - en nou ry ons more al soontoe! Die besprekings het fluks gevorder en daar die reeds 3 aande vol bespreek. Dis by Laerskool Klipfontein, Pienaarstraat, Witbank. Ons is Vrydag weer terug by die huis. 

October 19, 2015
Lekker gesinsaand in Springs
Die E G Kerk in Petersfield, Springs, hou eerskomende Vrydag aand 'n kuier-en-konsert aand by hulle kerk in Vet straat. Kom koop lekker worsbroodjies en pannekoek, geniet die gesinskonsert en kuier saam met vriende! Daar is nog kaartjies beskikbaar by die deur. Anders kan jy vooraf bespreek deur die kerk kantoor te bel. Daar is cd's te koop, onder andere HEMELDANS, ons nuutste dubbel album, en verskeie kinderalbums. Ideale kersgeskenk! Sien julle daar!

October 5, 2015
We visited the SAAO in Sutherland

We visited Salt

Ons het so lekker getoer in die Kaap gedurende September.  Baie baie dankie aan al die organiseerders vir julle puik reelings, gasvryheid, liefde, geskenkies... en aan ons musiekvriende vir julle oorweldigende bywoning, ondersteuning en rekord cd verkope! Dankie ook aan Jurie en Suzette Kruger van Cool Music Productions wat saamgetoer het en vir ons die klank en algemene produksie behartig het. Dis so lekker as jou "crew" ook jou vriende is! Bo alles- baie dankie aan ons getroue Vader, wat ons oor die volle 4000 kilometer veilig bewaar - en ons vereer het met Sy onmiskenbare Teenwoordigheid - die hele tyd. Ons loof Hom daarvoor! Liefdegroete aan almal in Virginia, Beaufort-Wes, Sutherland, Ceres, Panorama Palms, Othello, RiversdalWes gemeente, La Rochelle en Pikkie Paradys! Anderdag maak ons weer so!  


October 5, 2015
Lekker tel die jaar nou spoed op
Volgende week 13 Oktober, maak ons 'n video-opname Elizabeth se kinderkonsert, vir 'n nuwe kinder-dvd wat in Januarie uitgereik word... en waarna daar met groot verwagting uitgesien word! Dan neem ons ook 'n onderhoud op by JAM, vir latere uitsending. En Saterdag 17 Oktober is daar 'n heerlike oggendkonsert, "An African Experience" ,  saam met die Kurios Kidz by Springs Lofoord. Kontak vir Michelle by 0768610735 as jy jou kleintjies wil bring!



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za