Francois en Elizabeth dans
nog ‘n keer
Met Wil jy dans Carina het
Francois en Elizabeth 25 jaar gelede die Afrikaanse musiek-vloer ingedans en
oornag bekendheid verwerf. Dié twee het hulle sedertdien gevestig as ‘n
immer-gewilde duetpaar wat met sprankelende verhoogpersoonlikheid en tydlose
musiek, steeds in aanvraag is.
Francois en Elizabeth reik
met trots hulle nuutste album, HEMELDANS , uit. Die album bestaan
uit 2 cd’s: ‘n kombinasie van ligte- en
geestelik-inspirerende musiek, tipies in die styl waarvoor Francois en
Elizabeth so geliefd is. Die album word ingelei met Ek hoop jy dans
- ‘n splinternuwe Elizabeth komposisie. “Alhoewel
hierdie liedjie ‘n lekker aansteeklike ritme het wat jou beslis uit jou stoel
sal kry, het ons ‘n dieper betekenis in gedagte. Hierdie lied is eintlik ‘n
bly-wees-dans oor die dinge wat die lewe vir ons die moeite werd maak. Om die
waarheid te sê: die hele album gaan oor lewensvreugde ... en in daardie sin, is
Ek
hoop jy dans ‘n perfekte tema”.
Op cd 1, bring Francois en
Elizabeth, ‘n paar immer-gewilde snitte soos Hou van jou en Carina,
wat op spesiale versoek weer ingesluit is,
en verder ‘n groot variasie van musiek met ‘n gemaklike saam-sing-klank. Daar is twee heerlike Duitse
keurspele, ‘n lekker “golden-oldies medley”, ‘n country-liedjie Song
vir Cindy, en liedjies soos Dolfyne
en Drome
van gister. Francois wys selfs sy klassieke slag met ‘n pragtige
Italiaanse keurspel van Santa Lucia en O sole mio.
Op cd 2, ‘n
lekker-luister gevoels-album,
inspireer Francois en Elizabeth met liedere soos Prys die Lam , Kosbaar, Oorwinningslied, God be with you, Always and forever
, en die gevoelvolle voorlesing: Die hemel het ‘n nommer.
Elizabeth het meeste van die musiek vir die album self
geskryf, en daarom het dit ‘n oorspronklike
klank en inhoud wat iets van hulle mens-wees uitbeeld. “Na soveel jare weet ons presies wat ons
mense graag sal wil hê en ons glo HEMELDANS gaan baie goed aan hulle
behoefte voldoen: kwaliteit- musiek wat
die toets van tyd deurstaan het.”
Francois en Elizabeth toer in September Kaaptoe en gaan HEMELDANS
op Sutherland bekendstel. “Dit klink vir
ons so reg om hierdie musiek onder die sterre te sing! “
Vir volledige inligting oor
optredes, posbestellings en besprekings, besoek www.francois-en-elizabeth.co.za
of kontak Lydia Winchester by
0825548453.
|