Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, April 5, 2020
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Anderdag sing ons weer!
Optredes vir die res van Maartmaand en April, is almal uitgestel. Almal voel die impak van hierdie stukkie wereld geskie

Lees Verder...


Pitkos


Ps 16
Here, U is my lewe - U sorg vir my. 

Lees Verder...


Terugvoering


Graaf Reinet
Goeie Môre Elizabeth Ons wil net van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir ‘n wonderlike Lofs

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


August 31, 2015
KUIERKONSERTE IN KEMPTON EN KLERKSDORP
Eerskomende Vrydag aand bied die Hervormers van Kemptonpark Makarios Gemeente, 'n lekker kuierkonsert aan. Kontak gerus vir Jurie by 0827760128 vir verdere besonderhede. En Saterdagaand kuier ons in Klerksdorp, by Suid Gemeente. Marinda het al die besonderhede - 0828532484. Dis darem lekker as mens so kuier-kuier jou "werk" kan doen!

August 27, 2015
LOFSANGDIENS OP VREDEFORT
Die N G Moederkerk op Vredefort is een van daardie besondere mooi kerkgeboue so tipies in die sandsteen-styl wat mens hier in die Vrystaat kry. Dis lekker om te weet dat hierdie kerk nie net 'n pragtige gebou is nie, maar 'n lewende gemeente waarvan die hart warm klop vir die HERE. Ons is bly om eerskomende Sondag deel te wees van die gemeente se jaarlike Lofofferdiens. Almal is welkom om te kom sing en lofprys, en ook 'n fisiese dankbaarheids-bydrae ten bate van die gemeentewerk te kom maak. Dit begin 09h00.

August 3, 2015
VROUEDAG OPTREDE
Sondag oggend 9 Augustus hou ons 'n Lofsangdiens by N G Kerk Kraggakamma, in Port Elizabeth. Met die oog op Vrouedag, is dit 'n gesins-vriendelike familie geleentheid Dit begin 09h30 en almal is welkom. Kollekte word opgeneem en daar is cd's en dvd's beskikbaar.



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za