Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, April 24, 2018
[1] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


May 25, 2015
Einde Mei Optredes
Hierdie Vrydag lei ons die sang by die Boere Dank-diens in die Kooperasie Stoor, Parys. Dis 'n besondere geleentheid en is verlede jaar wyd ondersteun deur sowat 300 boere en hulle vroue uit die streek. Dit begin kwart voor agt en die diens word gelei deur ds Andries Enslin wat self boerdery belange in die omgewing het. Sondag oggend doen ons 'n gesins- sangdiens by die SitrusFees, Buffelspoort. Dit begin 10h00 en almal is welkom! Ons bring cd's te koop saam.

May 25, 2015
ELIZABETH KUIER OP LENTE SE “CHAT SHOW”!

Elizabeth en Lente

Ja, dis waar, Lente het haar eie geselsprogram op KruisKyk!

Skakel gerus gedurende Junie maand in om na die reeks te kyk waar sy met verskeie bekende mense onderhoude voer.


May 4, 2015
Pretoria se beurt
Hierdie Vrydag, 8 Mei, reis ons na Pretoria vir verskeie redes: Die oggend hou ons 'n Ouma-en Oupadag konsert saam met die Kleuterkampus kindertjies in Florauna. Dis altyd 'n grooooot okkasie, hoor! Die aand is dit 'n lekker gesinskonsert by Rietfontein E G Kerk, 27ste Laan daar in die Moot. Ons ken die EG Kerk se mense as gesellige en warmhartige gelowiges en elke optrede by hulle is 'n fees. Kom ondersteun gerus. Daar is van 18h00 eetgoed te koop en die konsert begin 19h00. Kontak vir Daleen by 0828082034, as jy wil, maar daar sal altyd plek wees vir nog mense. Kom sommer nes julle is!



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za