Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, February 25, 2018
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


March 31, 2015
Paas Sangdiens by Montana
Eerskomende Sondag herdenk Christene wereldwyd die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Ons wat in Hom glo bring graag met 'n spesiale Paas Sangdiens al ons eer, bewondering en dankbaarheid na Hom toe. Dit gebeur saam met die Christen-gelowiges van Montana by die NG Kerk Montana in Veronica straat, Montana, Pretoria. Dit begin 9-uur en almal is welkom.

March 26, 2015
Palm Sondag op Randfontein
Hierdie Sondag is dit Palm Sondag, die dag waarop Jesus op 'n donkie Jerusalem binnegery het, 'n week voor Sy opstanding na die kruis.Ons vier dit saam met die Lewende N G Gemeente in Randfontein. Die sangdiens begin 09h00 en almal is welkom om dit te kom bywoon. Sondag aand bied ons weereens 'n Paas Sangdiens aan in ons eie gemeente, Parys Wes. Hierdie lofsang aand het nou al 'n instelling geword en mense van-oor die hele spektrum van gelowiges in Parys, kom sing graag saam. Dit begin 18h00 en almal kan kom.

March 11, 2015
ONS GAAN KUIER BY LENTE!
Op 1 April, is ons die gaste in Lente (van oom Karolus) se "Talk Show"  op Kruiskyk. Dit gaan nou lekker wees! Ons hou julle op hoogte wanneer dit uitgesaai word. Hierdie naweek is dit Kaaptoe vir Jeremy en Undine se troue. Die boere-meisie trou met 'n rou Ingelsman. Wat sing mens?   ..... toe maak ons iets nuuts, om die twee uiteenlopende tale, kulture en kontinente bymekaar te laat kom in musiek.  Vers 1 is die bekende "Old Irish wish", wat ons in vers 2 ver-Afrikaans het en siedaar! Almal sal verstaan! Die woorde sit ek op PITKOS. Geniet! 

March 2, 2015
MAARTMAAND IS 'N SING-MAAND
Daar's baie om oor te sing in Maart: ons JESUS is gekruising, het waarlik opgestaan, en opgevaar Hemel toe. Dis waaroor ons sing wanneer ons hierdie Sondag die 8ste na Secunda reis. Die Paas Sangdiens begin om 17h30 in die Goedehoop Gemeente. Almal is welkom. Dan vier ons Minnette-kind hierdie week haar verjaardag, en ons gaan Kaaptoe om op goeie vriende se troue te gaan sing. Later in die maand vier ons PalmSondag saam met die Lewende NG Kerk in Randfontein, en lofsing saam met NG Kerk Petronella wat hulle gemeente se verjaardag vier. Daar's soveel REDE om te sing!! Kom geniet dit saam!



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za