Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, June 18, 2018
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


January 27, 2015
Sondag oggend in LadyBrand
"Julle moet bly sing, want julle sing die mense na Jesus toe", is die wonderlike kommentaar van een van ons kerk se bejaarde dames Sondag aand na ons diens in Parys Wes. Dit is so 'n groot voorreg - en 'n verantwoordelikheid - waarvoor ons groot respek het. Om vir die eerste keer in 'n dorp op te tree, bly altyd spesiaal. Sondag oggend is een van daardie spesiale eerste kere as ons 'n gesins-sangerediens aanbied by N G Kerk Ladybrand Noord. Dit begin 9-uur en almal is welkom! Dis informeel, gemaklik en kindervriendelik. Ons bring geestelike musiekalbums te koop saam, en daar word gewoonlik 'n kollekte opgeneem.

January 19, 2015
KOM LOFSING DIE NUWE JAAR IN!
Ons gemeente hier in Parys-Wes, kan so lekker saamsing as ons van tyd tot tyd 'n gemaklike en informele lofsangaand hou. Hierdie Sondag aand is dit weer so. Almal kom sommer nes hulle is, bring die kinders, oumas en oupas -  en kom sing net lustig saam tot eer van die HERE. Die hele dorp weet eintlik al hiervan. Almal is welkom - jy ook! Dit is van 18h00 - 19h00. Na die tyd is daar lekker roomys vir die "warm" kele. Ag, dis so goed om Jesus te ken en om Hom te loof met sang en musiek!  Die week begin sommer met 'n huppel-in-die-stap!

January 13, 2015
TOP 5 OP JAM

Hierdie week op JAM! Laurika Rauch, kom kuier saam met André in die ateljee. Ons goue oue vir hierdie week is Jannie du Toit se video "Madeleine". Ons luister na Elizabeth Fourie se TOP 5, en Victory 5 kom vertel ons bietjie meer van hulself .Die manne van NRG doen vir ons ‘n ekslusiewe akoestiese optrede en talentvolle, Jacques de Koning, is ons Kunstenaar van die Week. Ons blaai ook deur Rocco de Villiers se fotoboek. Kom JAM saam, eerskomende Sondag aand half agt op kykNET Musiek, en agt uur op kykNET. 

 


January 4, 2015
Reg vir aksie!

Darem wonderlik dat mens na 'n goeie breek, weer uitgerus kan terugkom en met nuwe krag die jaar kan aanpak. Ons begin 18 Januarie die optredes vir die jaar met 'n lofsangdiens vir die hele gesin by NG Kerk Meyerton Park. Almal is welkom , dit begin 09h00.Ons is so dankbaar om gesond te wees, gespaar te wees en gereed te wees om ons vreugde-lied oral te sing! Besprekings: stuur gerus 'n epos, of skakel ons kantoor by 082 5624323.




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za